LSK 360S: DIE ONDERRIG VAN WAARDES IN DIE KLASKAMER by Sinead Maria Magrieta Jacobs

a) Aanloop: Rympie
Eerlikheid deur Sinead Jacobs
Om eerlik te wees is baie goed
Ek luister vir Juffrou
en praat die waarheid,
daarom noem sy my baie soet

Ek sal nooit vir my Mamma jok
Dit maak haar hart seer
en kwaad
en selfs geskok

b) Aanloop: Liedjie

c) Verloop: Deel 1 - Vraagstelling
Vrae en Antwoorde:
1. Wie was die hoof karakter in die storie? (Die seun wat gejok het)
2. Watter leuens het die seun vertel? (Hy het driehonderd-en-drie sterre vir goeie gedrag gekry, hy het pouse driehonderd-en-drie melkterte opgeëet, hy het driehonderd-en-drie goue munte langs die pad opgetel wat baie swaar was om te dra, of dat die wolf die skape kom opeet het)
3. Dink jy die seun se ouers was moeg daarvan dat hy so baie jok? Wat in die storie wys vir ons hulle is al moedeloos? (Ja, sy pa raas met hom en sy ma vat sy poeding af)
4. Watter deel van die storie het uitgestaan? (Leerders se eie antwoord)
5. Hoe kon die seun anders opgetree het? (Die seun moes nie jok nie)
6. Hoe sou die storie geëindig het as die seun anders opgetree het? (Die mense sou kom toe hy geroep het en hom beskerm teen die wolf)
7. Verbeel jou jy is die seun wat gejok het en die mense kom help jou nie, hoe sou dit jou laat voel? (Leerders se eie antwoord)
8. Watter gevolge was daar toe die seun deur die loop van die storie gejok het? (Sy pa het met hom geraas, sy ma het sy poeding afgevat, sy juffrou het hom laat uitskryfwerk doen en die mense in die dorp wou hom nie kom help toe die wolf regtig daar was nie)
9. Som vinnig en kortliks die storie op in jou eie woorde. (Leerders se eie antwoord)
10. Het jy van die storie gehou? Hoekom of hoekom nie? (Leerders se eie antwoord)

d) Verloop: Deel 2 - Addisionele inligting
Wat beteken dit om eerlik te wees?
1. Jy moet altyd die waarheid praat al is dit nie altyd maklik nie.
2. Jy moet altyd jou beloftes nakom. As jy vir 'n maatjie sê jy sal vir hom/haar help met iets dan mag jy nie teruggaan op jou woord en eweskielik sê jy het nie dit gesê nie.
3. As ek sien hoe Jannie Piet se potlood vat, maar ek daaroor stil bly, tel dit nog steeds as jok? Hoekom of hoekom nie?
4. Jy moet altyd die volle waarheid vertel. As jy kies om gedeeltes uit te los, dan is dit ook oneerlik.
5. As ek kyk na Jannie se antwoorde in 'n toets, tree ek eerlik op?
6. Jy mag nie jok om uit sekere verantwoordelikhede te kom nie, byvoorbeeld jy mag nie vir Juffrou kom sê jy voel nie lekker terwyl daar niks fout is nie net omdat jy nie wil deelneem aan LO Sport nie.
7. Dis verkeerd om stories oor maatjies te vertel wat nie waar is nie.
8. Om eerlik te wees beteken ook om te erken wanneer jy iets verkeerd gedoen het, selfs al beteken dit jy gaan in die moeilikheid kom. Dis beter om dadelik die waarheid te praat, want anders gaan jy in die moeilikheid kom vir wat jy verkeerd gedoen het plus jy gaan in nog meer moeilikheid kom omdat jy daaroor gejok het. 'n Leuen kom altyd uit, maak nie saak hoe goed jy dit probeer wegsteek nie.
9. Kan iemand 'n voorbeeld gee hoe jy eerlik kan optree in die klas?
10. Kan iemand 'n voorbeeld gee hoe jy eerlik kan optree by die huis?

e) Verloop: Deel 3 - Uitvoerend
Eerlikheid Scenarios:
1. Jy breek 'n glas by die huis en los dit net so op die vloer. Mamma of Pappa vra vir jou wat gebeur het. Wat moet jy in hierdie situasie doen indien jy eerlik wil optree?
2. Jy sien hoe die maatjie voor jou afkyk op iemand anders se werk. Hoe tree 'n mens eerlik op?
3. Hoe sal jy eerlikheid demonstreer wanneer jy vergeet het om jou huiswerk te doen en Juffrou vra vir jou die volgende dag of dit klaar is?
4. Mamma gee vir jou 10 lekkers en sê jy moet die helfte vir jou boetie gee. Jy besluit om 6 te eet en net 4 vir hom te gee. Het jy eerlik opgetree? Hoekom nie?
5. Jy vra nie of jy met jou maatijie se speelding mag speel nie en terwyl jy daarmee speel, breek jy dit. Wat sal die regte ding wees om te doen in die situasie?
6. Pouse loop jy buite rond en gaan versprei stories oor een van jou klasmaats wat nie waar is nie. Behalwe dat jy gejok het oor die stories, watter ander waarde of waardes het jy nie uitgeleef nie?

f) Afloop: Deel 1 - Taakkaart

h) Afloop: Deel 2 - Samevatting
Om eerlik te wees sluit 'n klomp ander waardes saam met dit in. As jy die waarheid praat tree jy verantwoordelik op plus jy wys jy het genoeg respek vir iemand om nie vir hulle te jok nie.

In ons storie wat ons gelees het kon ons baie vinnig agter- kom die seun hou daarvan om leuens te vertel. Al die mense rondom hom, sy ouers, sy Juffrou sowel as die dorp se mense het hom gewaarsku dat dit verkeerd is om te jok. Toe die seun die mense se hulp nodig gehad het, het niemand hom geglo nie en daarom moes hy met die nagevolge saamleef.

Almal maak foute en jy mag foute maak, maar dit is belangrik om dapper te wees en dit te erken. Daar is 'n kans dat Juffrou of Mamma of Pappa gaan vies wees, maar hulle gaan baie meer kwaad wees wanneer hulle uitvind jy het gejok in plaas van eerlik wees en dan is daar nog meer nagevolge.

Opsomming van Lawrence Kohlberg se teorie
Die hoof gedagte wat Lawrence Kohlberg in sy teorie probeer oordra is hoe mense waardes en morele kwessies inkorporeer in hul besluitnemingsproses asook hoe daardie sieninge oor die loop van tyd verander. (Kode, 2013)

Daar is drie vlakke van morele ontwikkeling: Pre-Konvensioneel, Konvensioneel en Post-Konvensioneel. In die grondslagfase word daar meestal gefokus op die Pre-Konvensionele vlak. (Kode, 2013)

Hierdie vlak bestaan uit 'n eerste stadium waar kinders slegs goed gemanierd optree om 'n straf of gevolge vir slegte gedrag te vermy, en die tweede stadium waar hulle goed optree om belonings te verdien. (Annalie Botha, Ina Joubert1, Anna Hugo, 2016)

Dis belangrik dat onderwysers weet en verstaan hoe die leerders nadink oor waardes sodat hulle aangemoedig kan word om oor hul aanvanklike gedagtes na te dink. Sodoende begin die leerders verstaan wat sekere waardes behels en hoe 'n goeie waarde-stelsel lyk.

Dit is belangrik want kinders is tog die volgende generasie van ons land. Die sade wat ons as onderwysers plant gaan op latere stadiums in hul lewens 'n kritiese rol begin speel wanneer besluite geneem moet word in die volwasse wêreld. Hoe onderwysers leerders se denkwyse beïnvloed bepaal watter tipe lid die person in ons samelewing gaan wees. (Annalie Botha, Ina Joubert1, Anna Hugo, 2016)

Bibliografie

Annalie Botha, Ina Joubert1, Anna Hugo, 2016. Children’s perceptions of democratic values: Implications for democratic citizen education. South African Journal of Childhood Education, Issue 6, pp. 1-8.

Kode, K., 2013. Character Analysis and. AMLE Magazine, pp. 25-27.

g) Afloop: Deel 2 - Google Form