Eerlikheid by Liske Hartzenberg

(b. Eerlikheid liedjie
Ons almal het tog waardes
en ons koester ons waardes
elkedag
En ons is trots op ons
eerlikheid
En ons pas dit toe
elkedag
En ons almal het
waardes, eerlikheid, binne in ons harte, ja
waardes, eerlikheid, binne in ons harte, ja
En ons gee om
oor al ons waardes
En ons almal sê
respek, eerlikheid
omgee in ons harte
Liefde, trots en dan ook
verantwoordelikheid
En ons gee om
oor die maats in ons klaskamer
En ons almal het waardes, waardes
en dit is net hoe ons rol.

(c. Eerlikheid storie (Video)
https://www.youtube.com/watch?v=83O7lj5LDds

1. Aanloop (a. Rympie
Zoom zoom zoom
my hartjie klop kaboem

Ons bly eerlik
al is dit soms moeilik.

2. Verloop (c. Eerlikheid storie
Storie in Google Documents:
https://docs.google.com/document/d/1kJFv1ljLkBxbRMHm0RpXzGjOhEJLVXjMQra2h5S7OMA/edit?usp=sharing

Kohlberg teorie
Lawrence Kohlberg het deur sy studies probeer bewys hoe mense se besluite oor morele kwessies verander soos hul volwassenes word. Deur Kohlberg se studies het hy drie vlakke van morele ontwikkeling teë gekom, namens "Preconventional, Conventional, and Postconventional".
Kohlberg het geglo dat elke vlak twee stadiums het en dat elk een van hierdie stadiums sy eie unieke eienskappe het, wat die volgorde is waardeur die mens gaan soos hul ontwikkel (AMLE Magazine; 2013).
Daar is 'n nuwe generasie leerders wat besig is om die belangrikheid van demokratiese waardes te leer op 'n vlak wat hulle verstaan (Botha; 2016). Dit is belangrik dat leerders weet en besef dat hulle ook opinies mag hê en dat dit wel dalk mag verskil van die maatjie langs hul, maar dit maak nie daardie leerder se opinie verkeerd nie. Leerders moet ook besef dat hoe ouer hul word, hoe meer sal hul opinies verander oor sekere situasies.
Bibliografie:
AMLE Magazine. 2017. Analysis and Moral Development.
A, Botha. I, Joubert. A, Hugo. 2016. Children's perceptions of democratic values.

(e. 6 Scenarios oor eerlikheid
1. Verbeel jouself jy het nie 'n potlood vandag by die skool nie. Die maatjie voor jou se potlood val sonder dat hul dit agter kom. Wat doen ons al eerlike kinders ? Niemand anders het die potlood sien val nie. Sal dit die regte ding wees om die potlood vir jouself te vat ?
2. Moet ons altyd eerlik wees of nie partykeer?
3. Moet ons net eerlik wees wanneer iemand raaksien dat ons iets verkeerd doen ?
4. Wanneer ek 'n bal optel in die park en nie weet aan wie dit behoort nie is dit oneerlik om dit te vat ?
5. Wanneer jy sien dat 'n maatjie geboelie word en die Juffrou vra vir die klas of hulle dalk iets daarvan weet, is dit die eerlike ding om vir die Juffrou te vertel wat jy gesien het.
6. Almal in die klas is besig om 'n taakkaart te voltooi, maar jy weet nie wat die antwoord is nie. Is dit eerlik om by die maatjie langs my aftekyk? Wat moet ons eerder doen?

(d. Addisionele inligting
1. Eerlikheid is 'n keuse wat ons elke dag moet maak wanneer 'n situasie voor ons gesit word waar ons of die waarheid moet vertel of ons kan 'n leuen vertel, maar dit is altyd beter om eerlik te wees omdat leuens opbou en ons altyd op die ou einde in nog groter moeilikheid sal bring.
2. Ons almal was al in 'n situasie waar ons moes kies tussen om die waarheid te vertel of nie, maar as jy terug dink aan die situasie sal jy met eelikheid kan sê dat die waarheid die beste uitweg sou wees.
3. Wanneer ons toets skryf of 'n taakkaart voltooi en ek kyk by my maatjie langs my af is dit ook baie oneerlik omdat dit nie my eie werk is nie.
4. 'n Wit leuen bly 'n leuen en maak nie saak of dit jou mamma pappa of maatjie is nie ons moet altyd eerlik wees met hulle.
5. Wanneer ons iemand anders se besittings leen moet ons dit altyd terug gee sodra ons klaar is daarmee.
6. Wanneer ons byvoorbeeld iets by iemand leen en vergeet het om dit dadelik terug te gee is dit ook nodig om eerlik te wees en jammer te sê en eerlik te wees dat jy vergeet het.
7. Wanneer ons saam met iemand is waarmee ons nie wil maatjies wees nie is dit ons verantwoordelikheid om eerlik te wees met daardie persoon en te sê ons wil nie met hul maatjies wees nie.
8. Wanneer ons in 'n situasie kom waar die waarheid ons sal seer maak of in die moeilikheid bring is dit belangrik om te onthou dat wanneer die ander persoon uitvind ons het 'n leuen vertel mag dit dalk nog seerder maak of ons in nog meer moeilikheid bring as die waarheid.
9. Jy kan beloon word wanneer jy eerlik is, maar niemand sal jou ooit beloon wanneer jy oneerlik was nie.
10. Kom ons wees die eerste mense wat hierdie waarde ernsitg opneem en ALTYD poog om die waarheid te vertel.

3. Afloop (f. Taakkaart

(f. Google Form Taakkaart

(g. Samevatting
Vandag het ons by die oulike seuntjie, Paul, geleer wat dit is om werklik eerlik te wees en dat ons altyd die regte ding moet doen. Ons weet dat dit beter is om eerlik te wees ten alle tye. Dit is ons verantwoordelik om altyd die regte ding te doen en eerlik te wees, nie net vir ander mense nie, maar ook vir onsself.
Sluit af met die rympie:
Zoom zoom zoom,
my hartjie klop kaboem

Ons bly eerlik
al is dit soms moeilik.

(c. Vraagstelling m.b.t storie
Vrae:
1. Was Paul ‘n ryk seun ? Verduidelik.

Nee, Paul moes dikwels bedel vir kos, omdat hy honger was.
2. Verduidelik hoekom die koning ‘n vriendelike koning was.

Die koning het vir almal in die dorp gewaai en bokse vol koekies en lekkers vir die mense in die dorp uitgedeel.
3. Wat het Paul in sy boks gekry anders as koekies ?

Paul het ‘n pragtige ring in sy boks gevind.
4. Wat het Paul met die ring gedoen nadat hy dit gevind het?

Paul het die ring in sy sak gedruk.
5. Wat dink julle sal gebeur indien Paul besluit om die ring te hou?

Paul sal vir ewig skuldig voel en weet die ring behoort nie aan hom nie.
6. Was die koning steets in die dorp toe Paul vir hom gaan soek het?

Nee, die koning was terug na sy paleis toe.
7. Was die ring vir die koning belangrik? Verduidelik.

Ja, die ring was een van sy kosbaarste besittings.
8. Was die koning bly om die ring terug te hê?

Ja, hy het vir Paul drie keer dankie gesê.
9. Hoe het die koning vir Paul beloon vir sy eerlikheid ?

Die koning het vir Paul ‘n sak vol geld gegee om hom te bedank vir sy eerlikheid.
10. Verbeel jou jy was Paul, sou jy dieselfde gedoen het as hy ?

Ja, Paul het die regte ding gedoen en hy was eerlik en vir sy eerlikheid was hy goed beloon. Nou hoef hy nooit weer te bedel vir kos nie.