Mis by Rezel van der Merwe

Hierdie plasing is hier sodat die muur nie so intimiderend kaal is nie... Skryf gerus voort!
Juf vd M

Mis is 'n eenvoudige teaterstuk wat voorkoms vs. realiteit as 'n tema baie mooi uitbeeld. Ek dink die einde is baie vreemd en eksentriek, maar dit is seker wat die drama so eenders en uniek maak. Die deel waar Konstabel en Gertie alleen in die kombuis is, waar sy dans, is vir my 'n deel waar ek nie juis kan uitvind wat die doel van die uitbeelding is nie. Ek dink dit kon baie meer eenvoudig gestel word hoe die konstabel sy beheer en manipulasie uitoefen.

Adelé

Mis is vir my 'n baie vreemde drama.
Ek verstaan sommige dele ook nie so lekker nie seker omdat ek dit nie heeltemal voor my kan sien nie.
Ek verstaan ook nie die stuk van Gertie en konstabel nie - waar sy dans in die kombuis.
En ekt 'n vraag is hy rerig blind, of was dit om hulle te manipuleer ( want ek dink seker nie maar hoe het hulle dit uitgebeeld in die toneelstuk?)

Anouck

Mis is definitief 'n baie vreemde drama, maar dit is baie goed geskryf. Ek kon die hele drama voor my sien gebeur soos ek dit gelees/luister het. Juis om hierdie rede was die deel oor die slopemmer in te veel detail na my sin. Die einde was frustrerend, omdat die gehoor dadelik weet wat aangaan toe Meisie by die kombuis inkom met haar aannemingsrok aan, maar dit was goed gedoen.

Marié

Ek dog ek verstaan...
Dit voel vir my asof ek die storie al iewers gehoor het... Persoon A is bang vir iets, dan daag Persoon B op om te help en eindelik is Person B juis die ding wat Persoon A probeer vermy het (ek dink aan Rooikappie, Sneeuwitjie en selfs die slang by Adam en Eva) maar dan is daar sakke vol beesmis en 'n man in die solder en skielik weet ek nie meer wat Reza de Wet eintlik probeer sê nie... Ek kry so 'n gevoel dat die besprekings oor Mis baie meer interessant gaan wees as die drama self.

Jani

Ek dink ek is bietjie blond...
Aanvanklik was ek redelik verward met waarop die drama presies afstuur. Een van die konsepte wat my redelik verwar is die noeming van die verskeie tipes mis op die erf. Is dit bloot net die verskillende tipes mis wat ander plase hier kom stort en dus gebruik Miem en Meisie dit vir hulle voordeel as bron van inkomste of is dit die inhoud van die slopemmer wat hulle elke nou en dan gaan uitstort. Is dit net die voor die hand liggende konsep van mis wat daar gestort word, of skuil daar meer betekenis daar agter? Ek is ook ietwat deurmekaar met die hele doel van die sirkus wat herhaal word. Weet Miem eintlik die sirkus is gevaarlik en juis wil sy vir Meisie daarvan weghou of wat is haar beswaar teen die sirkus? Asook met die uitrusting verandering van Konstabel kan ons aflei hy lyk basies nou soos 'n nar of sirkus meester met hoe hulle sy uitrusting beskryf, is hy eintlik van die sirkus? Is dit hoekom elke jaar as die sirkus kom, verdwyn 'n meisie? Is hy in beheer van die sirkus? Wat is die algehele doel van die sirkus?
Lize

Mis...
Ek weet nie wanneer die drama gepubliseer was nie, maar daar is sekere van die sirkus mense wat beskryf word wat  baie is Soos die karakters van  die film 'The Greateat Showman': Soos die lang man, die vrou met die baard ens. en die film is onlangs in die tyd 2000 uit gekom.

Daar is gevalle in die boek wat my om gooi.

Hoekom het Gerti haar klere voor die konstable uitgetrek? Het sy 'n seksuele behoefte? ( Jammer, maar dit pla my. )

Waar het Meisie verdywn aan die einde van die boek? Het sy saam met die konstable buitentoe gegaan?
Is die konstable regtig blind of is dit 'n rolspel?
Is hy die persoon wat die meisies weg neem op dieselfde aand elke keer as die sirkus kom, want twee het al verdywn en nou verdwyn Meisie.???( My brein het sopas gebars! )

Indien my vorige stelling so is.... Hoekom doen hy dit? Wat doen hy met die meisies? ( Dit laat my baie siek voel - jy nooi iemand wat jong meisies vat in jou huis toe )

Die stories laat my aan die tokolosie dink. Ek is jammer maar dit doen. Dit maak sin: Jong kinders verdwyn in die aand, op een spesifieke aand. (Dis n Suid - Afrikaans drama en net ons glo in die "tokolosie"- spookerig )

Mis drama is n regte Suid- Afrikaanse riller.
Annika Slabbert

Ek is mal oor die drie-dimensionele, ronde karakters in hierdie drama!

"Die lewe is 'n sirkus en die narre is volop..."
Vir een drama om soveel vrae te ontlok haal ek my metaforiese hoed voor af.

Die ongemak deur die hele stuk is tot 'n mate aanloklik en het op 'n vreemde manier my aandag behou.
Nes mens dink jy begin iets verstaan, gooi die sirkus diere 'n nuwe toertjie en skop jou weereens van jou perdjie af.

'n Jammerte dat ons die vertoning gaan "mis" loop...

~ Ronel

Ek moet sê toe ek die drama geluister het en die teks gevolg het die eerste keer, het ek die hele storie eers net baie snaaks gevind, maar nader aan die einde het ek al hoe meer ongemaklik voel met die konstabel se optrede, en dit was later duidelik dat hy nie regtig blind was nie, en dat hy die vrouens net wou mislei.

Maar, nou dat ek al 'n bietjie meer agtergrond inligting en verduidelikings gekry het van die drama, verstaan ek beter dat daar eintlik baie simboliek agter alles in die storie is. En ek moet sê ek het dit baie geniet.

Ek wens ons kon dit saam in die klas bespreek en saam mal gaan oor die onverwagte einde. En ek wens nog meer dat ons ook, soos Matrieks voor ons, die drama op die verhoog kon beleef.
- Nicola Goosen

Mis is defnitief 'n baie interessante drama. Ek was onseker vir 'n groot gedeelte En dit het my baie deurmekaar gemaak. In die einde was dit net vir my soos in Wat, ek het dit nie verwag nie. Na als verstaan, dink ek ek verstaan die drama reedlik goed.
Carika

Ek het hierdie baie geniet...dalk meer as wat ek moes. Ek is regtig baie geintreseerd in konstabel se "magical powers" van manipileering. Ek het meeste van sy leidrade eers aan die einde gevang, soos sy "gesprek" met Gertie en dat hy kon sien met meer as net sy neus. Ek dink ek het dit gemis en ook hoekom die ander karakters dit dalk gemis het is omdat hy dit met so veel gemak gedoen het en als so vinnig kon antwoord en verduidelik.

Iets anders wat my pla is die idee dat Konstabel dalk vir Meisie vry gelaat het. Haar lewe met Miem is sleg en sy manipileer haar heeldag lank. En ons weet nie wat met Meisie gebeur het nie...dalk het niks gebeur nie en Konstabel is net iemand wat vir jong meisies 'n beter lewe gee. Jk die kanse van dit is baie klein.

As Miem vir Meisie vertel het wat presies by die vorige twee verdwyning gebeur het(dat hulle sonder skoene en in hulle aannemingsrokke was) so Meisie moontlik die leidrade bymekaar kon sit en uitvind Konstabel is die verkragter/moordenaar...
~Maria

Mis is regtig ń baie goeie geskrewe drama , dit suig jou al vanaf die begin af in en dit hou nuuskeurig tot reg aan die einde. Dan moet ek ook sê dat hierdie teks my so nou en dan met ongemak laat lees/luister , veral met  Konstable en Gertie se hele dans toneel (te indetail). Die teks voel ook so “evil” . En die Konstable wat net in die donker kan sien ,soos wat de hel dis EVIL. Ek weet ook nie of ek bly is dat meisie “vry” is nie , of bang is dat die Konstable/hofnaar haar iets sal aandoen nie. Ja wat ek het regtig nog baie vrae oor hierdie Drama maar dit was goed en intressant.
~Chumani

Mis Gedagtes
Mis is definitief baie goed geskryf en laat mens dink. Die manier hoe dit ruimtes skep is interessant en die sirkus se musiek dra baie by na die atmosfeer.

Ek voel dat daar is `n oorweldige hoeveelheid subteks wat "subliminal" is. Ek voel ook dat die teks geskryf is om die leser self besig te hou met wat bedoel word met `n aksie of gebeurtenis.

Daar is ook `n onheilspellende gevoel wat my hoendervleis gegee het. Uit en uit `n briljante stuk en vreeslik interessant.

Dit is 'n baie interessante verhaal wat nogal verwarrend kan wees, maar tog is dit 'n wonderlike verhaal. Die dramatiese ironie wat u deur die verhaal sien, dra by tot wat die verhaal uitbeeld en dra by tot die opgewondenheid en die opbou tot die hoogtepunt.