Die onderrig van waardes in die klaskamer by Jean-Marie du Toit

Lawrence Kohlberg
Kohlberg het ‘n teorie dat daar 3 fases is van morele ontwikkeling. Elke fase het ook ‘n onder-afdeling. Ons noem sy teorie: Lawrence Kohlberg se teorie van morele ontwikkeling. Hierdie morele ontwikkeling gaan hand-aan-hand met kognitiewe ontwikkeling.

Elke fase van Kohlberg se teorie, het sy eie eienskappe. Die fases is die volgorde waardeur individue moet gaan soos hulle ontwikkel. Hierdie fases sluit in: voorkonvensioneel, konvensioneel en postkonvensioneel - elke fase het sy eie eienskappe. Morele ontwikkeling slaan geen fase oor nie. Morele ontwikkeling verduidelik hoe individue se besluitneming en redenasie verander tydens die kinder proses tot volwassene. Die pre-konvensionele fase is die eerste morele ontwikkeling in die leerder. In hierdie geval duur dit tot en met 9-jarige ouderdom. Volgens McLeod, S. A, in hierdie fase het die leerders nie regtig 'n persoonlike kode vir moraliteit nie. Hierdie leerders word gevorm van die standaard volwassenes af - jy volg die reëls of jy breek die reëls. Kinders maak besluite op fisiese uitkomste. As jy iets verkeerd doen gaan daar slegte nagevolge wees. Dit sê vir die leerder dat sodra hulle iets reg doen, sal hulle beloon word.

Die pre-konvensionele fase het 2 afdelings. Afdeling 1 stel vas dat kinders net glo in die straf as jy sleg doen of die beloning as jy goed doen. In die tweede fase word kinders klein bietjie meer bevorderd. In hierdie geval besef kinders dat daar meer as een standpunt is. Redenering word ontwikkel in hierdie afdeling. Kinders dink meer aan hulleself. 'n Voorbeeld: "Ek sal jou rug krap, as jy myne krap." Verkry van Kurt, S.

Kohlberg het ‘n storie vertel aan verskillende persone wat gaan oor Heinz se vrou. Die storie handel oor Heinz se vrou wat bedleênd en siek is en ‘n sekere nuwe dwelm wat deur ‘n chemikus gevind is, nodig het. Hierdie dwelm kan dalk sy vrou red. Hy het alles gedoen om die dwelm in die hande te kry selfs te steel by die chemikus.

Na hierdie storie het Kohlberg ‘n reeks vrae gevra aan individue van verskillende ouderdomme - 10 vrae. Hy het die antwoorde en redenasies bestudeer en evalueer van die persone van sekere ouderdomme.

Kohlberg het gehoop om te ontdek hoe morele redenasies werk.

Hy het daarop neergekom dat nie almal elke fase bereik nie.

Waarop ons fokus is demokrasie: die kind se siening. Hierdie siening noem ons ook die pre-konvensionele fase. Dit was baie belangrik vir Kohlberg om te luister wat die leerders te sê het. Leerders in die eerste fase glo daarin om enige straf te voorkom. Dus kan ons fokus op die interpretasie van demokratiese waardes in ‘n klaskamer vir die grondslagfase onderwys.  Daar is 16 strategieë om die waardes van die Grondwet by jong Suid-Afrikaners in die onderwysstelsel te benader.
Dit is belangrik om na leerders te luister, veral vir Kohlberg om sy navorsing volledig te kan bereik. In klaskamers word leerders forseer om net te luister, wat kan beïnvloed dat leerders oordrag kry van bv. goeie waardes. Baie keer word leerders nie tyd gegee om hulle gevoelens of persoonlike opinies uit te druk nie.
In die klaskamer is verskillende rasse en waardes, dus is dit belangrik vir die onderwyser om dit na te slaan en te luister wat die leerders te sê het. Die onderwyser moet luister na die leerders se opinies en waardes om leerders se demokratiese waardes te verstaan en te respekteer.

Verwysings:

McLeod, S. A. "Kohlberg's stages of moral development." Simply Psychology, 24 October, 2013.

Kurt, S. "Stages of Moral Development – Lawrence Kohlberg."  Educational Technology, 17 August, 2020.

Gedig
As iemand jok sal jy daarvan hou?

Dan moet jy self sommer ophou gou.

Ons jok dalk soms om nie moeilikheid te kry,

maar hulle sê die waarheid maak jou vry.

As juffrou vra ‘waar is jou boek?’

Moenie maak asof jy hom soek.

As jy hom vergeet het, sê net so.

Juffrou is dankbaar jy is eerlik en sal jou glo.

Almal vertrou jou as jy eerlik is.

Dink net watse voorbeeld jy dan is.

Maats sal pouse by jou wil wees,

want jy is eerlik en het goeie gees.

Moderne liedjie
Op die ritme van:
Wellerman - Nathan Evans

Daar was op 'n tyd 'n jong meisie wat nie baie eerlik was nie.

Haar ma en pa was bitter hartseer, want sy doen dit elke keer.

Moenie jok nie, vertel altyd die waarheid,

Moenie jok nie, vertal altyd die waarheid.

Hannah is haar naam en sy is bitter skaam, omdat sy nie altyd eerlik is nie,

haar ma en pa sê moenie jok nie, vertel altyd die waaarheeeid.

Wees eerlik en moenie jok nie,

Wees eerlik en moenie jok nie.

Hannah het haar bes probeer om van nou af altyd eerlik te wees.

Haar ma en pa is baie trots, omdat sy probeer.

Moenie jok nie, vertel altyd die waarheid,

Moenie jok nie vertel altyd die waarheid.

Wees eerlik en moenie jok nie.

Wees altyd eerlik en moenie jok nie.

10 Vrae m.b.t storie
1. Identifiseer hoekom Hannah 'n populêre dogter in die skool was.

Antw: Al die maats het pouses by Hannah gestaan.

2. Beskryf hoekom Hannah later gedink het sy is beter as ander.

Antw: Almal het van haar gehou en sy het van die aandag gehou.

3. Wat was Hannah se eerste fout en met wie?

Antw: Om haar maat, Tykie se storie te versprei.

4. Wat het Hannah vir haar ma gesê as haar ma haar aangespreek het?

Antw: Dat dit nie waar is nie/ "Nee, mamma. Hulle jok sommer!"

5. Na Hannah twee keer stories versprei het van haar maats, wat het toe gebeur?

Antw: Die skoolhoof het met haar ma gepraat en gesê wat gebeur het.

6. Lys al die karakters in die storie.

Antw: Hannah, Tykie, Mamma, Liesl en die Skoolhoof

7. Vergelyk hoe Hannah aan die begin, middel en einde van die storie was.

Antw: Aan die begin van die storie was Hannah baie bekend en 'n goeie vriendin. In die middel van die storie het Hannah haar maats teleurgestel en gejok vir haar Ma. Aan die einde van die storie het Hannah gesien sy was oneerlik en het al haar maats verloor. Sy het toe omverskoning gevra aan haar maats en was weer die goeie mens wat sy aan die begin was.

8. Verbeel jou Hannah was net eerlik van die begin af met haar ma. Wat sou dan anders gewees het?

Antw: Sy sou nie deur al die ellende hoef te gegaan het nie. Sy sou nie meer as een maat se hart gebreek het nie. Haar ma kon haar van die begin af reghelp.

9. Stem jy saam dat dit die regte keuse was om eerlik te wees met haar ma? Ondersteun jou antwoord.

Antw: Ja, omdat sy eerlik was met haar ma, het haar ma haar weer laat besef dat sy nie 'n onbeskofte mens is nie.

10. Ken jy enige iemand wat al in iets soortgelyk as Hannah se situasie was?

Antw: Leerder se antwoord.

Ander maniere hoe ons eerlik kan wees (sluit aan by aanloop).
Die onderwyser/es brei uit oor ander eerlike optredes:

1. Wees eerlik al is die moeilikheid hoe groot.
- wees eerlik by die huis, as jy daai gunsteling bak van mamma gebreek het, moet jy erken dat jy dit gedoen het, al weet jy jou boude gaan brand.
- wees eerlik by die skool, indien jy jou boek by die huis vergeet het.

2. Moenie steel nie en ook nie sonder toestemming leen nie.
- moenie 'n maatjie se potlood vat sonder om hom / haar te vra nie.
- moenie geld uit Mamma se beursie vat nie.

3. Moenie afkyk of afskryf in assesserings nie.
- indien julle besig is om 'n assessering te doen, moenie by jou maat afkyk en sy/haar werk afskryf en maak asof jy self die werk gedoen het nie.

4. Wees eerlik en doen jou eie take of huiswerk.
- indien jy vergeet van jou huiswerk wat juffrou vir jou gegee het, moenie by 'n maat sy werk afskryf nie.
- indien jy 'n taak kry, doen jou taak self, moenie by 'n maat afskryf nie.

5. Moenie van ander mense skinder nie.
- moenie as jy iets van 'n maat gehoor het, dit verder gaan versprei tussen die res van jou klasmaats nie.

6. Moenie valse stories/gerugte van maats versprei nie.
- moet ook nie jok stories van ander maats opmaak en versprei nie.

7. Om te erken dat jy verkeerd is.
- indien jy iets gedoen het wat verkeerd is, soos van 'n maatjie geskinder het, wees eerlik daaroor en vra omverskoning aan die maat.

8. Moenie skynheilig wees nie.

- moenie maak of jy van 'n maat hou en dan sleg praat van hom of haar nie.

9.  Speel altyd volgens die reëls van die spel.
- In enige sport soort, speel volgens die reëls, moenie maats op die baan of veld seer maak of kroek nie.

10.Wees altyd eerlik met jouself en Liewe Jesus.
- as jy weet jy het iets verkeerd gedoen, erken dan jy het dit gedoen.
- as jy in enige situasie kom waar jy moet kies tussen die waarheid en jok, kies eerlikheid, want Liewe Jesus weet reeds wat die waarheid is en dat jy besig is om te jok.

Uitvoerend: 6 Scenarios
1. Hoe sal jy eerlikheid demonstreer indien jy gejok het vir 'n maat en die maat vind uit daarvan?

2. Hoe sal jy eerlikheid demonstreer indien jy geld uit jou ma se beursie gevat het en sy vra jou of jy weet waar haar geld is?

3. Hoe sal jy eerlikheid demonstreer indien jy afgekyk het op jou maat se werk en die juffrou vra jou of jy dit gedoen het?

4.Hoe sal jy eerlikheid demonstreer indien jy 'n bak in die huis gebreek het?

5. Hoe sal jy eerlikheid demonstreer indien jy jou broer se speelding gebreek het?

6. Hoe sal jy eerlikheid demonstreer indien jy by die skool is en jou boek by die huis vergeet het?

Samevatting
Vandag het ons geleer dat mense ons nie gaan vertrou as ons nie eerlik is nie. Hannah wou nie eerlik wees oor haar slegte optrede nie en dit het gemaak dat sy al haar vriende verloor het. Toe Hannah eerlik was met haar ma, kon haar ma haar help om te verstaan dat dit verkeerd was om so op te tree en so kon Hannah haar maats weer terug wen.

In die les het ons bespreek hoe om eerlikheid toe te pas. Daar is stellings gemaak en uitgebrei oor eerlikheid. Daar word bespreek hoekom jy moet eerlik wees. Die uitkoms gaan nie altyd goed wees nie, maar dit gaan jou help in die toekoms en jy sal verstaan dat dit die regte keuse was. Daar is vraagstellings gemaak waaroor die leerders kan dink terwyl hulle dit antwoord. 'n Voorbeeld vraag is: Hoe sal jy eerlikheid demonstreer indien jy gejok het vir 'n maat en die maat vind uit daarvan?
Om hierdie lesaanbieding af te sluit is daar 'n taakkaart opgestel. In die taakkaart gaan die leerders 'n blok kry om om te lees. Wanneer die sin 'n eerlike uitkoms het, maak jy 'n regmerkie onder die woord 'eerlik' - selfde proses vir oneerlik. Daar is 'n aktiwiteit waar die leerders die regte woord omkring tussen eerlik/ oneerlik i.v.m met die sin. In die taakkaart gaan die leerders 'n prent teken met onderskrifte by - hoe om eerlikheid uit te beeld. Leerders gaan drie sinne skryf oor hoe om eerlikheid toe te pas of hoe hulle al eerlikheid toegepas het.
Leerders lees woorde wat verskaf word deur die onderwyser. Onderaan is 'n blok met die woorde: eerlik en oneerlik. Leerders kies uit 'n boonste blok watter woorde klink die naaste aan 'eerlik of oneerlik'  en vul dit onderaan in.

Die storie

Liedjie Flipgrid

Taakkaart