NAVP421 Navrae by Helena Oosthuizen

Hoe werk Padlet?
Tik eenvoudig jou navraag by die “comment”-blokkie in en “post” jou vraag, soos op enige ander sosiale media platform. Ek wil vra dat julle asseblief jul naam, van en studentenommer by jou vraag plaas, soos jy sou met ‘n e-pos, sodat ek jou navraag sinvol kan hanteer. Julle kan ook mekaar se vrae hierop antwoord. Julle is ook welkom om op Padlet te registreer of die toestel af te laai (dit is verniet) indien jy vinnig op jou foon iets wil vra sonder om op e-Klas in te teken. Ek wil graag hê dat hierdie platform met wedersydse respek benut moet word. Maak dus gebruik van goeie e-posetiket om jou vrae te vra en wanneer jy ‘n medestudent help.

Vriendelike groete,
Mev. Helena Oosthuizen

Semesteropdrag
Beste NAVP421 studente,

Die semesteropdrag behels 'n mini-navorsingsprojek en behels baie werk. Begin nou al as jy kan. Jy sal sien dat ek  3 voorbeeld semesteropdragte van 'n vorige jare vir jou onder die oortjie gelaai het wat sê 'semesteropdrag'. Gaan kyk asb. spesifiek na die uitleg van die opdragte.

Alhoewel ek in die studiebrief genoem het dat ek 'n templaat gaan gee vir die semesteropdrag, het ek besef dit sal
nie werk nie aangesien almal se opskrifte by die literatuurstudie en die bevindinge gaan verskil. In die studiebrief noem ek vir jou dat dit belangrik is dat jy 'n inleiding, literatuurstudie, data-insameling, data-analise en bevindinge opskrifte het. In die voorbeeld opdragte kan jy sien hoe jy dit moontlik kan organiseer of rangskik in jou opdrag.

Voeg jou Aros voorblad in, die plagiaatvorm en onthou om 'n inhoudsopgawe in te voeg. In die jy tabelle of figure gebruik het in jou opdrag, onthou om ook 'n lys van figure of tabelle in te voeg na jou inhoudsopgawe.

Ek laai ook vir jou 'n video op by die semesteropdrag oortjie waar ek die semesteropdrag bespreek.

Baie belangrik: Ek kan NIE die semesteropdragte van julle in-diepte deur gaan voor julle dit ingedien het nie. Dit sal pre-assessering wees en ek het ook nie die tyd beskikbaar daarvoor nie, aangesien ek ook ander modules het waarvoor ek verantwoordelik is. Ek kan wel vir jou op 'n e-pos wenke gee van jou semesteropdrag deur te sê brei uit by die data-insameling, taalfoute kom voor, die literatuurstudie is nie reg nie, oorweeg die volgende....Dus net terugvoer per e-pos en nie op die dokument self met track changes nie aangesien die laasgenoemde as pre-assessering gesien kan word.

Julle is welkom om 'n MS Teams sessie met my te reël per e-pos, waar ek enige vrae wat jy het oor die semesteropdrag kan hanteer of waar ek vir jou iets moet verduidelik. Ek is hier om julle te help. Indien daar enige navrae is, is julle welkom om my te kontak.

Vriendelike groete,
Helena Oosthuizen

Lee-Anne Kroukamp 35035692
Goeie dag Mev,

Ek wil graag weet, met laas semesteropdrag het ons mos die uitleg gegee soos hoe die prakties gaan volg, soos bv. die aantal skole en onderwyser wat ek onderhoud mee gaan voer. Is die moontlik om nou by te sit want een area het ek mis gekyk? Kan ek die aantal onderwyser vermeerder of verminder? Of moet alles dieselfde wees soos aangewys in die teorie?

Baie dankie

NAVP421 Beplanningsdokument
Beplanningsdokument van literatuurstudie wat deel vorm van jou mini-navorsingsprojek:

Skakel maak oop: 22 Julie om 07:00 (die oggend)
Skakel sluit: 23 Julie om 23:00 (die aand)

Hierdie dokument kan in enige vorm (breinkaart, volledige literatuurstudie, puntsgewyse opskrifte met beplande inhoud ens.) wees wat vir jou gepas is. Daar word punte toegeken vir die volledige indiening (met moeite in die beplanning) en dit is slegs om jou te motiveer om te begin werk aan die opdrag en om te kyk of julle op die regte spoor is. Instruksies is beskikbaar by die skakel self.

Algemene vrae en antwoorde oor die NAVP421 semesteropdrag
Hoe werk die woordtelling van die opdrag?
"n Maksimum van 3000 woorde. Die voorblad, plagiaatvorm, inhoudsopgawe, bibliografie (bronnelys) en addendums is nie ingesluit by die woordtelling nie.

Moet ek grafieke  en tabelle gebruik in my semesteropdrag?
Nee, dit is opsioneel.

Mag ek dieselfde navrosingsvrae en/of doelwitte gebruik as in my NAVT411 semesteropdrag?
Indien daar nie voorgestel was dat die navorsingsvrae of -doelwitte verander, herbedink of aangepas moet word nie, kan dit net so in die NAVP421 semesteropdrag gebruik word. Dit is die enigste gedeeltes wat net so in die NAVP421 semesteropdrag gebruik mag word.

Mag ek ander inligting direk kopieer vanaf my NAVT411 semesteropdrag in my NAVP421 semesteropdrag?
Nee. Dit sal as plagiaat beskou word.

Mag ek dieselfde bronne gebruik as in my NAVT411 semesteropdrag?
Ja, jy mag die dieselfde bronne gebruik as in jou NAVT411 semesteropdrag, solank jy die gedeeltes herbewoord (jy gaan met ander woorde nie die gedeeltes net so kopieer vanuit jou NAVT411 opdrag in jou NAVP421 opdrag nie).

Mag ek myself aanhaal vanuit my NAVT411 semesteropdrag?
Nee, jy is nog nie 'n akademiese kenner van 'n sekere vakgebied nie nie. Meesters en P.Hd studente mag hulself wel aanhaal.

Indien ek my eie stem gebruik het in die NAVT411 semesteropdrag, kan ek dit net so gebruik in my NAVP421 semesteropdrag?
Nee, dit sal as selfplagiaat beskou word.

Moet ek die literatuurstudie ook in die verlede tyd skryf?
Slegs as jy verwys na dinge wat in die verlede gebeur het (Bv. "Tydens die grendeltydperk in 2020, het alle skole in Suid-Afrika gesluit.")

Waar kom die opskrifte van my litertuurstudie vandaan?
Vanuit jou navorsingsvrae en navorsingsdoelwitte.

Waar pas die data-stelle in by die semesteropdrag?
By die data-insamelingsmetode en data-analiseringsmetode.

Hoe weet ek watter data-stel ek moet gebruik?
Dit is opgelaai volgens die verskillende onderwerpe.

Hoe weet ek watter onderhoudsvrae ek moet formuleer vir my onderhoude tydens data-insameling?
Luister of lees wat die verskillende deelnemers se opinies en vertellings was en lei dan daaruit af watter vraag tot die antwoord kon lei. Elke student se onderhoudsvrae mag dalk verskil, omdat die antwoorde op gegrond kan wees om meer as een vraag.

Mag ek my semesteropdrag se onderwerp in hierdie semester verander, of moet ek by die onderwerp hou wat ek gekies het in die eerste semester?
Jy mag van onderwerp verander. Onthou wel dat jy dan addisionele tyd moet toelaat, sodat jy die semesteropdrag betyds voltooi.

Lewendige MS Teams ondersteuningsessie - Maandag, 25 Julie, 15:00
Beste NAVP421 studente,

Ek herinner julle graag aan die lewendige MS Teams ondersteuningsessie wat geskeduleer is vir Maandag, 25 Julie om 15:00.

LET WEL: Indien jy nie die sessie kan bywoon nie, stuur asseblief enige navrae wat jy oor die module of semesteropdrag het vroegtydig deur na die module e-pos adres, sodat ek dit in die Teams sessie kan hanteer (navp421@aros.ac.za).

Daar is tans spesifieke vrae rondom die semesteropdrag, wat ek in die sessie gaan bespreek. Maak dus seker dat jou vrae op die lys is, sodat dit hanteer kan word tydens die sessie.

Die opname sal ook na die tyd opgelaai word, sodat julle weer daarna kan gaan luister.

Vriendelike groete,

Mev. Helena Oosthuizen

Baie belangrike afkondiging oor die NAVP421 Semesteropdrag
Beste NAVP421 studente,

Ek vertrou dit gaan goed met elkeen.

Let asseblief daarop dat 'n opgedateerde video opgeneem is om die semesteropdrag te verduidelik, aan die hand van navrae wat ontvang is.

Die opname is gelaai reg onder die hofie "Semesteropdrag".

Baie belangrik: Die gebruik van die data-stelle word spesifiek bespreek en daar is nuwe inligting in die video wat verband hou met die data-stelle wat baie belangrik is vir die doeleindes van die semesteropdrag.

Gaan kyk die video aandagtig deur, sodat julle nie belangrike en waardevolle inligting rakende die NAVP421 semesteropdrag mis nie.

Vriendelike groete,
Mev. Helena Oosthuizen

BELANGRIKE INLIGTING: NAVP421 semesteropdrag
Beste NAVP421 studente,

Dit is vir my kommerwekkend dat slegs 8% van julle die opgedateerde Nearpod gaan kyk het rakende die semesteropdrag.

Die Nearpod is direk onder die hofie "SEMESTEROPDRAG" op die NAVP421 e-Klasblad opgelaai.

BAIE BELANGRIK: Hierdie Nearpod bevat belangrike onligting oor die semesteropdrag. Indien jy dit nie gaan kyk nie, is die kans baie goed dat jy van die gedeeltes in die semesteropdrag verkeerd gaan voltooi.

Vergwis jouself dus asseblief so gou moontlik hiervan, sodat jy nie onnodig punte verloor in jou NAVP421 semesteropdrag nie.

Vriendelike groete,

Mev. Helena Oosthuizen

Beplanningsdokument terugvoer en belangrike inligting oor die semesteropdrag
Beste  NAVP421 studente, Sien asseblief  die video onder die hofie "Beplanningsdokument" op e-Klas , waarin ek volledige terugvoer gee oor die punte toekenning van die beplanningsdokumente wat ingehandig is.

Indien jy 'n e-pos ontvang het waarin ek vra dat jy my kontak, stuur asseblief dringend vir my 'n e-pos sodat ek die rede daarvoor aan jou kan weergee.

Daar is ook aan die einde van die video belangrike inligting met betrekking tot die NAVP421 semesteropdrag.

Vriendelike groete

Mev. Helena Oosthuizen

Geen addendums, onderhoudsvrae/vraelyste in NAVP421 semesteropdrag nie
Beste NAVP421 studente,

Ek hoop dat goed met elkeen.

Hiermee weer bevestiging daarvan dat die ingeligte toestemmingsbriewe en onderhoudsvrae/vraelyste NIE meer as addendums aangeheg word aan die einde van die opdrag NIE, omdat julle die data-stelle gebruik.

Gaan kyk asseblief die Nearpod wat direk onder die hofie "Semesteropdrag" op e-Klas gelaai is, vir meer inligting.

Vriendelike groete,

Mev. Helena Oosthuizen`

E-Klastoets 1
Beste NAVP421 studente,

E-Klastoets 1 handel oor akademiese skryfwerk.

Datum:
Skakel open 12 Augustus om 07:00 v.m
Skakel sluit 13 Augustus om 22:00 n.m.

INHOUD: Hierdie toets handel oor goeie akademiese skryf praktyke.

Sien die Nearpods by: "Geen klas: 5 en 6 Augustus" waarin wenke gegee word vir die skryf van akademiese werkstukke en hoe om foute in akademiese skryf te vermy.

Werk hierdie Nearpods deur in julle eie tyd voor 12 en 13 Augustus, wanneer e-Klastoets 1 geskryf word, sodat julle die maksimum deelnamepunte kan kry .

Sterkte vir julle week.

Vriendelike groete,

Mev. Helena Oosthuizen

MOET ek my NAVP421 semesteropdrag baseer op my NAVT411 semesteropdrag?
Beste NAVP421 studente,

Ek hoop dit gaan goed met elkeen.

Die semester stap aan en ek wil julle aanmoedig en uitnooi om my met vrymoedigheid te laat weet indien daar enige aspekte van die module is wat vir julle onduidelik is, My deur staan oop.

BAIE BELANGRIK -  Ter bevestiging: Indien jy nie tevrede was met jou NAVT411 semesteropdrag nie, hoef jy dit nie as basis te gebruik vir jou NAVP421 semesteropdrag nie.

Jy kan jou NAVP421 semesteropdrag op 'n skoon bladsy (van voor af) begin, onafhanklik van jou NAVT411 semesteropdrag.

Julle mag ook die onderwerp verander indien julle so verkies.

Indien jou NAVT411 semesteropdrag in die eerste semester byvoorbeeld gebaseer was op 'n sekere onderwerp, mag jy jou navorsingstudie (NAVP421semesteropdrag) baseer op een van die ander onderwerpe.

Neem asseblief egter in ag, dat jy dan ander bronne sal moet raadpleeg om te gebruik in jou literatuuroorsig, omdat dit dan betrekking sal hê  op die nuwe navorsingsvrae of -doelwitte van jou NAVP421 semesteropdrag.

Let ook daarop dat die data-stel wat jy gebruik, moet pas by die onderwerp wat jy gekies het vir jou NAVP421 semesteropdrag. Die gebruik van die data-stelle word breedvoerig verduidelik en bespreek as deel van NAVP421 se leerinhoud op e-Klas.

Sterkte met julle opdragte en laat weet indien daar enige iets is wat vir julle onduidelik is.

Vriendelike groete,

Mev. Helena Oosthuizen

Verlenging van NAVP421 semesteropdrag se inhandigingsdatum
Beste NAVP421 student,

Om studente wat onder baie druk is met hulle praktiese tydperk tegemoet te kom, is die inhandigingsdatum vir die NAVP421 semesteropdrag verleng tot Maandagoggend, 29 Augustus om 08:00 (die oggend). Geen opdragte sal na hierdie sperdatum aanvaar word nie.

Let daarop dat hierdie assesseringsgeleentheid 60% van jou deelnamepunt tel.

Dit is dus belangrik dat jy nie op die nippertjie sal skarrel om eers daaraan te begin werk nie.

Jy gaan genoeg tyd in hierdie opdrag moet insit om dit sinvol te voltooi.

Vriendelike groete,
Mev. Helena Oosthuizen

Bykomende bronne?
Mag jy bykomende bronne by las in jou opdrag om die data-stelle te ondersteun?

Baie dankie.