DIE ONDERRIG VAN WAARDES IN DIE KLASKAMER by Vanessa Dahli

1. Lawrence Kohlberg se teorie oor morele waardes
Volgens Kode (2013:25) was die eerste drie staduims van morele ontwikkelling, pre-konvensionele, konvensionele en post-konvensionele en dis deur Kolhberg geidentifiseer. Kohlberg het geglo dat elke staduim sy eie unieke karakteristiese verteenwoordigheid wat elke individu moet deur gaan om 'n staduim te kan voltooi (Kode, 2013:25). Volgens my eie opinie het elke mens sy eie manier van ontwikkel, sommige gaan deur al die staduims, waar sommige nie eers vordering maak nie.
Botha, Joubert en Hugo (2016:1) maak 'n standpunt dat elke jong kind toegelaat moet word om hul gedagtes en emosies, eie mening uit te druk. Leerders moet die waarde van die klaskamer en demokrasie onder die kniee kry om meer perspektief te kry as dit by die aanleer van verskillende waardes kom.  Volgens Botha, et al. (2016:4) word jong kinders al in hul pre-konvensionele staduim daarin opgelei om instrumente van transformasie te word, om Suid-Afrika in 'n welvarende demokrasie te verander.
Jong kinders wat deel van die navorsing was, het baie belangrik gevoel. Hulle het deel gevoel van iets belangrik en kon hulle samewerking gee. Daarom is dir belangrik volgens Lawrence se teorie om leerders deel te laat voel van waardes om waardes toe te kan pas in alle daagse lewe.

2. Aanloop (Gedig/Rympie)
Moenie selfsigtig wees nie.
Daar is ander mense om jou.
Gee om vir hulle.
Wys jy is lief vir hullle.
Waardeer mekaar.
Kommunikeer met mekaar.
Ondersteun mekaar.
Loop daardie ekstra myl vir mekaar.

3. Aanloop (Liedjie op 'n moderne wysie)
Omgee liedjie op die wysie van Jessie J- Flashlight

MAAK JOU MERK
Vergeet van tyd, vergeet van vrees
Glo in jouself, maar ook in ander
Kyk die wereld vierkantig in die oe, maak jou eie merk. (RUS)
Gebruik jou hande om te kan gee.
En om iemand op te bou.
Glimlag tog soet, glimlag tog stout.
Bloos gereeld sonder berou.
Maak tyd vir jou en jou mense.
Loop hand aan hand,  kaalvoet ente.
Wees verlief, wees opreg, wees jouself, altyd!
Betaal vir jou sondes deur dit af te lag, maak seker jy huil al is dit sag.
Vir iemand erens is jy meer as genoeg.
En jy is, nes jy is, presies waarna hulle soek.
Gee om vir mekaar x2

4. Verloop (Vraagstelling m.b.t. die storie)
Vrae wat in die klaskamer gevra gaan word:
1. Identifiseer die hoofkarakter in die storie?
Njabulo
2. Haal 'n reel in die eerste paragraaf uit, wat aandui dat die hoofman al oud is?
"Daar was eendag 'n ou hoofman."
3. Hoe sou jy jou saadjie versorg as jy een moet ontvang?
Ek sal gesorg het dat die saadjie genoeg water en son ontvang het, om dit te laat groei.
4. Vergelyk die begin stadium, van hoe Njabulo die saadjie gekry het met hoe dit aan die einde gelyk het toe hulle dit vir die hoofman gaan wys het?
In die begin was dit 'n klein saadjie en aan die einde was daar nog steeds niks groei aan die saadjie nie. Dit was presies nog dieselfde.
5. Stel vas waar die storie plaasvind. In die stad of op die platteland?
Op die platteland.
6.  Motiveer jou antwoord van nommer 5.
Njabulo het in die storie afgestap rivier toe en op die prent is dit tydelik dat daar nie baie geboue is, soos in die stad nie.
7. Hoekom dink jy het die hoofman iemand gekies wat, waardes soos omgee, toegepas het met die omsien van die saadjie?

Die hoofman het iemand gekies wat vir sy mense sal omgee en eerlik sal wees oor hul doen en late.
8. Watter eienskappe toon Njabulo tydens die groei van die saadjie?
Njabulo toon geduldig en sagmoedigheid.

9. Wys my die gedeelte van die storie waarvan jy die meeste gehou het?
Ek het van die gedeelte gehou waar die ou hoofman vir Njabulo verras het met die aanstel as die nuwe hoofman.
10. Som die storie op in 3 sinne.
Doen goed vir jouself, wees altyd op jou hoede vir waarin jy glo en moet nie die waardes wat jy aangeleer is verontagsaam nie.

5. Verloop (addisionele inligting met betrekking tot die waarde wat geonderrig word).
Hoe kan ons wys dat ons omgee vir ons mede maats?

1. Almal kom nie soggens uit gelukkige huishoudings of jou maat het nie ń lekker nagrus gehad nie. Kom ons begin elke dag met ń glimlag, want ń glimlag wys dat ons omgee.

2. Voor ons soggens die klaskamer binne kom, kom ons probeer om almal wat verby ons stap vriendelik te groet.

3.Tydens pouses as ons sien dat daar ń maat eenkant alleen sit, kan ons vir hom of haar gaan vra of ons nie saam by hom of haar kan sit nie.

4. Kom ons deel. As jy sien dat die maat voor jou of agter jou nie iets in het om te eet nie, deel jou brood of kos wat jou mamma vir jou ingesit het.

6. Verloop (Skep 6 scenarios oor hoe die waarde, omgee in die alledaagse lewe toegepas word).
1. Hoe sal jy omgee demonstreer as jy die oggend by die skool kom en jy sien jou onderwyser dra swaar aan sy of haar sakke? (Ek sal my hulp bied om vir hom of haar te help dra.)

2. Hoe sal jy omgee demonstreer as jy sien jou maat wat langs jou sit het nie gom of  ń potlood nie? (Ek sal my skryfbehoeftes met hom of haar deel.)

3. Hoe sal jy omgee demonstreer as jy die middag uit die skool uit kom en jy sien dat jou baba sussie bietjie hartseer of omgekrap is? (Ek sal met haar glimlag en vir haar n drukkie gee.)

4. Hoe sal jy omgee demonstreer as jy in die winkelsentrum loop en jy sien ń tannie se beursie val uit haar handsak uit? (Ek sal dit optel en vir haar in haar hand gee.)

5. Hoe sal jy omgee demonstreer as jy sien dat jou ouma struikel en vas hak met die skoonmaak van julle kombuis? (Ek sal my hulp aanbied en help waar ek kan.)

6. Hoe sal jy omgee demonstreer as jou buurman jou vra om gou vir hom iets by die huis winkel te gaan koop? (Ek sal eers my ouers se toestemming vra of ek maar kan gaan, dan sal ek met graagte vir hom iets by die winkel gaan koop.)

7. Afloop (Taakkaart)

8. Afloop (Samevatting)
Om om te gee beteken dat ek lief is vir my mede maats, familielede sowel as vreemdelinge wat ek daagliks op die pad raak loop. Ek dink aan dinge wat ek kan doen om myself en ander gelukkig te maak. Ek breek nie ander af deur grappe of afknouery nie. Ek deel met ander en ek doen aan ander wat ek wil he hulle moet aan my doen.