LSK360S DIE ONDERRIG VAN WAARDES IN DIE KLASKAMER by Euodia Izaks

Lawrence Kohlberg is van mening dat individue besluitneming toepas op grond van die waardes wat in hul installeer is. Kinders se besluitneming verander na mate hul waardes verander wanneer hul ouer word. Volgens Kohlberg, meen hy dat alle individue deur drie stadiums van morele waarde ontwikkeling gaan, naamlik prekonvensioneel, konvensioneel en postkonvensioneel.(Kode, 2013)Kohlberg meen ook dat waardes vroeg genoeg by skole teen mure opgeplak en versier word, maar nie noodwendig geleer word aan leerders nie. Die grondslagfase lê die boustene vir leerders se morele ontwikkeling. (Botha, A., Joubert, I. and Hugo, A., 2016.)
Bibliografie
Children’s perceptions of democratic values: Implications for democratic citizen education. South African Journal of Childhood Education, 6(1), p.8.
Kode, K., 2013. Character analysis and moral development. AMLE Magazine, pp.25, 26

Verantwoordelikheid
Doen jou werkies elke dag,
en jy kry nog meer krag!
Help jou Mamma om die skottelgoed te was,
en maak sommer skoon op jou kas!
Hou jou kamer netjies en skoon,
dalk sal Pappa jou beloon!
Verantwoordelikheid is 'n groot takie wat op ons skouers is,
maar as jy dit doen, kan jy gaan rus!

Wat kan ons leer uit Rieta se storie? Dit maak nie saak hoe groot of klein 'n werkie is nie, ons moet dit altyd doen asof dit die grootste en belangrikste werkie is. Dis nie die grootte van die werkie wat saakmaak nie, maar HOE ons dit doen!
Klein werkies wat jy nou goed doen, help jou om later groot werkies te kan doen! Onthou as jy klein werkies goed doen, dan word jy later met groot en belangrike werkies vertrou. Elke werkie is belangrik en dis nog meer belangriker om jou verantwoordelikheid na te kom.

1. Waaroor dink julle handel ons storie vandag? (Verantwoordelikhede of werkies soos party kinders dit noem.)
2. Wat dink julle is verantwoordelikheid? (Dit is pligte/werkies/takies wat van ons verwag word om te doen.)
3. Kan julle 'n paar verantwoordelikhede opnoem? (Maak jou bed op, sit jou bord in die wasbak, borsel jou tande, doen jou huiswerk.)
4. Hoekom dink julle moet ons verantwoordelikhede nakom? (As ons nou al ons klein takies nakom, sal ons later vertrou word met groter verantwoordelikhede. Ons sal leer om selfstandig te wees.)
5. Hoe was die kinders se gesindheid in die klas? (Die leerders was baie opgewonde.)
6. Wat doen die juffrou voordat sy die nuwe werkies aan die leerders uitdeel? (Sy kyk eers wie hul werkies die vorige jaar die beste gedoen het.)
7. Watter leerder het haar werkies die beste gedoen? (Rieta is die kind wat haar werkies die vorige jaar die beste gedoen het.)
8. Watter werkie het Rieta verwag om te kry? (Rieta het gedink sy gaan die werkie kry om die klashond op te pas.)
9. Hoe was Rieta se reaksie toe sy haar werkie kry? (Rieta se hart was baie seer en haar maats het jammer vir haar gevoel.)
10. Wat het Rieta egter besluit om te doen? (Rieta het besluit om haar verantwoordelikheid te aanvaar en haar te takie te verrig tot die beste van haar vemoë. Rieta het verantwoordelik opgetree.)

Die onderwyser brei uit oor ander verantwoordelike optredes:

1. Voltooi jou huiswerk en takies sonder dat mamma jou hoef te herinner.

2. Maak jou bed op.
3. Gooi jou vuil klere in die wasgoedmandjie.
4. Help droog skottelgoed af.
5. Gee die honde kos en water.
Verantwoordelikheid sluit in:
3. Erken as jy verkeerd was en vat die verantwoordelikheid vir jou foute. en leer daarby. As mamma jou gevra het om die vullissak leeg te maak en jy het nie, moet jy aanvaar dat jy gestraf kan word.

4. Gee ander maats se besittings terug nadat jy dit geleen het. Indien nie, is jy onbetroubaar en oneerlik.

5. Verantwoordelikhede is verwagtings wat aan ons gestel word. Dit wat van ons verwag word, moet ons uitvoer.
6. Verantwoordelikheid en respek loop hand-aan-hand. 'n Kind se verantwoordelike gedrag beteken ook om respekvol op te tree en aanvaarbare gedrag te openbaar.

1. Hoe sal jy verantwoordelikheid demonstreer as jy perongeluk Mamma se nuwe hangertjie breek? (Jy moet eerlik wees en vir Mamma daarvan vertel. Dit is die verantwoordelike ding om te doen.)
2. Hoe sal jy optree as jy 'n maatjie seermaak by die skool? (Jy moet jammer sê en dit bedoel.)
3. Hoe sal jy verantwoordelik optree as jy 'n belofte aan iemand gemaak het en dit nie nakom nie? (Jy moet 'n rede verskaf aan die persoon en ook verskoning vra daarvoor/ Beloftes moet nagekom word.)
4. Hoe sal jy verantwoordelik optree as jou Mamma 'n baba boetie/sussie in die lewe bring en skielik op jou moet staatmaak? (Jy moet Mamma te alle tye help wanneer jy kan tot die beste van jou vermoë, jy is immers nou die oudste.)
5. Hoe sal jy verantwoordelik optree as jy 'n nuwe speelding wil hê en Mamma nie dit kan bekostig nie? (Jy moet verstaan dat geld nie op haar rug groei nie en dalk kry jy die geskenk op 'n latere stadium. Goeie gedrag sal beloon word eerder as slegte gedrag.)
6. Hoe sal jy verantwoordelike gedrag uitbeeld wanneer jy nie goeie punte by die skool ontvang nie? (Jy moet dalk net bietjie harder werk en nie die onderwyser blameer vir jou punte nie.)

https://forms.gle/gNeDCtTFLdq8zvAB8